17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die Butler is ’n geheimsinnige figuur wat tans in talle gewilde reekse en rolprente verskyn. Nataniël is in vervoering oor herehuise, wit handskoene, grondbaronne en koetse. Hy berei geregte vir ’n hedendaagse adellike huishouding. ’n Regte, egte butler kom verduidelik sy pligte en illustreer die tydlose tegnieke van tafel dek.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 7de Laan (SABC2): Irma vra Zander om haar en Sonja te help. Gita manipuleer Lerina om ekstra publisiteit in die Oggendblad te kry.

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 Binnelanders (kykNET):  Ilse maak ’n tragiese ontdekking. Quinton besef sy oom het hom uitoorlê. Zadie pak eindelik die bul by die horings.

19:30 Intelligence (M-Net): Toe Gabriel weens die CyberCom-virus sy geheue verloor, is hy oortuig Jin Cong ’n goeie ou en help hom geheime dokumente opspoor.

19:30 Noot vir Noot (SABC2): Johan Stemmet toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek moorde en vermiste persone in ’n wêreld vol robotte.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.