17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span ry die splinternuwe Nissan Sentra. Hulle ontmoet ook die Aston Martin se vierdeur-supermotor, die Rapide S, en kyk  dan hoe goed Waldo vaar wanneer hy rolle met een van die Chevrolet Knights-krieketspelers omruil.

18:00 Raising Hope (M-Net): ’n Geheimsinnige inwoner van Natesville dryf die Chance-gesin op die mees onverwagse maniere teen die mure uit.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine wil David aan haar kinders voorstel, maar sy is bekommerd dat hulle hom nie gaan aanvaar nie. Bertus maak ’n besluit oor Sonja se situasie, maar gaan sy instem om dit te doen?

18:30 Binnelanders (kykNET): Okkie konfronteer “die dief” oor die diefstalle binne Binneland-kliniek en Leenta kom tot Quinton en Gustav se redding.

19:30 Arrow (M-Net):  Arrow se geveg teen Slade veroorsaak dat een van sy vriende in die hospitaal beland. Intussen bereik Thea breekpunt en dwing Oliver om tussen haar en Slade te kies.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.

21:30 Game Of Thrones (M-Net): Gaste daag op vir Joffrey en Margaery se troue, maar die gaste is glad nie beïndruk deur die koning se keuse van vermaak nie. Intussen gee Bronn vir ’n onverwagse leerling klas en Ramsay vind vreugde in sy nuwe troeteldier.