Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier Gaan Ons Alweer (kykNET): Petri en sy gashengelaars hengel vir Swartbaars, ook bekend as grootbekbaars. Hulle besoek Roodekoppies-dam, maar slegte weer beperk die hengeltyd. Die volgende dag hengel die manne die Olifantsrivier. Petri gebruik die nuwe Afrikaanse visvinder om die visse in die diep water op te spoor. Soos altyd deel Petri ’n nuttige wenk of twee.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Heights het in ’n moordtoneel verander en die nuus versprei vinnig oor wat in Emma se woonstel gebeur het.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET):  Daar is beslis klein aardbewings gedurende ’n middagete in Amoret; twee reuse kom teen mekaar te staan. Ivanka se probleme is dalk iets van die verlede as dit van Ilse afhang. Daleen en Tertius is nie net bekommerd oor Judith se gesondheid wanneer sy verdwyn nie.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

20:30 Heartbreakers (SABC 3): Jennifer Love Hewitt en Sigourney Weaver speel ’n ma en dogter wie se jongste verneukspul in duie stort toe Jennifer verlief raak op die sexy kroegman wat hulle probeer mislei.

20:30 Rocky IV (e.tv): Dis weer sulke tyd! Rocky Balboa (Sylvester Stallone) is vir ’n vierde keer terug in die bokskryt. Dié keer besluit hy om te veg nadat Ivan Drago (Dolph Lundgren), ’n nuwe bokser van die Sowjet-blok, sy beste vriend, Apollo Creed, doodgeslaan het.

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word daar van Kaapstad tot Kosibaai ernstig gebraai en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue gemeenskaplike erfenis – braai.

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

21:30 Stand Up Guys (M-Net): ’n Paar ouskoolse bendelede keer terug na hul ou streke toe hul vriend uit die tronk vrygelaat word, min wetende dat een van hulle ’n geheim wegsteek wat hulle almal raak .