Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 Pasella (SABC 2): Die span kuier in Barrydale en verken die dorp se geskiedenis. Lynelle word kreatief by die Karoo Art Hotel, en die span kook lekker Karookos.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia speel met vuur. Sal Xander en Charmaine hul verskille kan uitstryk? Louis is vreeslik trots op die vooruitgang by T&T.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET & Kie): Vanaand kuier en braai die span in Stellenbosch by SA se oudste binnebraai.

19:30 Binnelanders (kykNET): Naomi voel skuldig oor haar planne, en Karli is uit die veld geslaan oor haar ma se raad. Goeie nuus maak nie almal opgewonde nie en ’n skouer waarop daar gehuil kan word, maar ’n meisie stom.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Musiek Roulette (SABC2): Dié gewilde speletjiesprogram met Nádine aan die stuur van sake is terug op die kassie.

20:30 Independence Day (e.tv): Aliens val die aarde in en vernietig belangrike bakens. ’n Vegvlieënier en ’n rekenaarspesialis moet ingryp deur ’n rekenaarvirus op die moederskip te laai.

20:30 Proof (M-Net): In vanaand se episode het ’n moordenaar ’n nabydoodervaring en dr. Tyler en haar span word ontbied.

21:00 SleepTV (kykNET): Die span toer met ’n splinternuwe eksklusiewe woonwa na die Keurboomswoonwapark.

21:30 Devil’s Knot (M-Net): Die ware verhaal van drie tieners wat verhoor is na die moord op drie jong kinders word in die aangrypende misdaadprent vertel.

23:00 Smallville (SABC2): Vanaand wys die eerste episode in die negende seisoen. Clark maak uit met Lois, en blou kriptoniet bedreig sy magte.