Vanaand op die kassie-

17:29 Bring & Braai (KykNET): Dirk Liebenberg braai teen Pieter Malan. Hulle is elkeen ’n meesterbraaier in eie reg en gaan mekaar beslis aanvat tot die bittereinde.

18:30 7de Laan (SABC 2): Emma se egskeiding word afgehandel. Ryno is bekommerd oor Pieter en Annelie se verhouding.

18:30 Binneland (KykNET): Vivienne dink Bea het baie te doen met Franz se besluit. Oom Wimpie is oortuig iets skort met sy hart. Delia besef dat Binneland gaan ly onder iemand se verdeelde aandag.

19:30 Arrow (M-Net): ’n Dodelike siekte tref Starling City en Oliver vrees dis ’n nuwe weergawe van vertigo. Die doodsvonnis staar Moira in die gesig.

20:00 Singstories (KykNET): Ons luister na die liedjies van lief en leed. Min kunstenaars kan emosies opwek soos Anna Davel.

20:30 The Tomorrow People (M-Net): Stephen het ’n moontlike leidraad oor sy pa, maar die Tomorrow People is nie seker of hulle hom moet glo nie. Die Tomorrow People neem ook ’n onverwagse besluit oor hul toekoms. Stephen se ma stel hom voor aan haar nuwe kêrel.