17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja doen goed op haar eie, maar hoe lank sal sy na haarself en Wian kan kyk? Paula beland in nóg groter moeilikheid.

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie dink hy het die antwoord op die Ferreira’s se probleem, en Herman is nie beindruk met Jana se reaksie op sy besluit nie. Zadie se aankondiging lei tot ’n ordentlike ondervraging deur Naomi, en ’n kuiertjie onstel ’n ouerpaar nog meer as wat dit nodig is..

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 2012 (e.tv): ’n Navorser lei ’n groep mense om teen die einde van die wêreld te veg soos die voorspel is in die Mayan-kalender.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.