17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240km/h kan haal.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30  Big Town Dance (M-Net): Die Got to Dance-beoordelaar Ashley Banjo en sy mede-Diversity-lede leer die mense van Stockton-on-Tees dans. Hulle het net twee maande om te oefen voor hulle voor meer as 5 000 inwoners moet optree.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja besluit om terug skool toe te gaan, maar wat word van die baba? David is bekommerd oor Charmaine.

18:30 Binnelanders (kykNET): Margot en Quinton probeer elk hul vrese besweer. Karli kry ’n waarskuwing. Naomi is skepties oor die planne met die Basson-huis. ’n Lêer met belangrike dokumente verdwyn.

19:30 Arrow (M-Net):  Die biljoenêr Oliver Queen keer terug na Starling City nadat hy jare lank op ’n eiland gestrand was. Hy gee dan voor om Arrow te wees, ’n superheld wat veg vir die veiligheid van die stad.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek ’n moord en ’n vermiste persoon in ’n wêreld vol robotte.

21:30 Game Of Thrones (M-Net): Tyrion moet in die troonkamer sy pa in die gesig staar. Stannis en Davos plaas hul vertroue in ’n nuwe strategie en Daenerys se invloedsfeer vergroot.