17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Dewald neem ’n groot besluit oor sy toekoms. Danelle is baie senuweeagtig om Bernard se ma, wat môre aankom, te ontmoet. Gita is nie beïndruk deur Ty se pogings om die Deli te saboteer nie.

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): At oefen druk uit op Daleen oor haar egskeiding, en Zadie moet oorreed word om die oudisie te gaan aflê. Okkie se planne beproef Ilse se geduld, terwyl Okkie se laaste geskenk ’n wrang smaak laat. Almal hou asem op om te hoor van Pippa se operasie, en Quinton probeer At kontak.

20:00 Jou Show (kykNET): Die skreeusnaakse Terence Bridgett laat die gehoor kruip soos hulle lag, terwyl Joshua Na die Reën se voorsanger ’n dag saam met Wicus deurbring. En dit sal nie regverdig wees as ons hom nie laat sing nie. HemelBesem en Emo laat die tonge klap met hul kletsrym. Anne vang HemelBesem ’n bietjie uit.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): David Sloan reis na Rio om ’n jong meisie te red en ’n internasionale terroris te stuit.

20:30 Mind Games (M-Net): ’n Ekspedisie vir diamante eindig rampspoedig. ’n Nuwe span word saamgestel om uit te vind wat gebeur het.

21:00 Congo (e.tv): ’n Man wat in onguns verval het, probeer sy eer terugwen deur die broer van die man wat hom verslaan het, uit te daag vir ’n geveg.

21:00 Die Silwerskerm Kortflieks (kykNET): Eenrigting: ’n Jong vrou word doodgery voor sy haar penmaat vir die eerste keer ontmoet. Sy word in die hemel wakker en ná ’n goot bohaai word sy teruggestuur aarde toe, maar ongelukkig as iemand anders.

21:10 Vyfster: Die Slot (fliekNET: kanaal 198): Skollie is weer op vrye voete, met een brandende begeerte: om sy seuntjie, Johnny, weer te sien.

21:30 Welcome to the Punch (M-Net): James McAvoy is ’n vasbeslote polisieman met een laaste kans om sy aartsvyand dood te maak.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:45 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.