18:00 Glam Guru (kykNET): Hannon help twee persoonlike assistente om van dag een af ’n goeie indruk te maak.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman is woedend toe hy uitvind Gita het sy sake-idee gesteel.

19:30 Noot vir Noot (SABC2): Dis die laaste episode van seisoen 38. Die gaskunstenaars is Emo en Loukmaan Adams.

19:30 The Goodwin Games (M-Net): Seisoen 1 begin. Twee broers en ’n suster wat van mekaar vervreem is keer ná die dood van hul pa terug huis toe en vind uit hulle kan miljoene erf as hulle instem om aan ’n reeks uitdagings deel te neem wat hy uitgedink het.

20:00 Rules of Engagement (SABC3): Russell probeer uit sy huwelik met Liz kom. Jeff hoop Audrey sal instem om dinge in die slaapkamer op te kikker.

21:30 Bates Motel (M-Net): Seisoen 1 eindig. SheriffRomero besluit om teen Norma op te tree. Emma is verras toe Norman instem om haar na die dans te vergesel.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.