Wat is vanaand op die kassie?

19:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan is op Stilbaai aan die Kaapse suidkus. Hy besoek die geskiedkundige viskrale van klip, kuier by ’n plaaslike jenewerstokery en ski op die Goukourivier. Jan vind meer uit oor turksvye, en alikreukel word geduik en gebraai by Heuningnesbaai.

19:57 New Tricks (BBC Entertainment): Sandra loop ’n ou liefde raak wat haar emosioneel verwar.

20:30 Grimm (M-Net Series Showcase): ’n Finansiële raadgewer en sy vrou se peetpa verloor alles weens ’n slegte belegging en moet ’n lening by die vrou se stiefma vra.

21:30 House of Cards (M-Net): Francis word genoop om die onderhandelinge met die onderwysvakbond kort te knip om ’n probleem op sy tuisdorp op te los. Zoe se verhoogde openbare profiel veroorsaak wrywing by die Herald.

22:00 Rules of Engagement (SABC 3): Audrey berei op ’n vreemde manier voor op moederskap. Jeff hou nie van Brenda se nuwe kêrel nie.

22:12 The Vampire Diaries (SABC2): Elena vra ’n teensinnige Stefan moet saamkom na die jaarlikse Founder’s Park-dans. Toe Elena ’n merk op Caroline se nek sien, dink sy Damon mishandel haar.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.