17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus bereik ’n keerpunt in sy lewe. Sal Paula deel vorm van sy planne of is sy heeltemal uit die prentjie uit. Ty besef dat hy net Gita se hulp kan oorleef.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Herman vererger ’n probleem by die huis en daar word met Rian baklei. Ivanka stel nie meer belang daarin om saam met die jonges uit te hang nie en een pasiënt word uit kwarantyn gehaal.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 Kung Pow: Enter the Fist (e.tv): Die Gekose Een wil sy ouers se dood verwerk deur die skurke vas te trek. Langs die pad ontdek hy ’n paar interessante karakters.

21:30 Jou Show (kykNET): Die internet-koninging, Suzelle DIY, kom kuier by ons in die ateljee en deel haar interessante stories. Dewald Wasserfall sing en maak musiek met die Take Note Band. Die sangpaar Anders is ook in die ateljee.

23:00 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.