17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Geregte uit die Ooste is dikwels beeldskoon en visueel treffend, maar smaakloos of vreemd vir die Westerse palet. Daar is wel internasionale treffers soos soesji. Nataniël het gaan soek na geregte uit die Ooste wat wel met plaaslike bestanddele gemaak kan word, mooi lyk en heerlik is. Sjef Rachel Botes wys beeldskone soetgoed.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:00 Raising Hope (M-Net): Virginia se baas wil haar tot verkoopsbestuurder bevorder, maar sy weet nie of sy kans sien vir die nuwe verantwoordelikhede wat saam met die pos kom nie. Intussen raak Jimmy en Sabrina bekommerd toe Hope se vis doodgaan en sy geen emosie wys.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko se ma plaas druk op sy en Emma se verhouding. Gita en Ty kry die skok van hul lewe: Iemand weet van Antoinette.

18:30 Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 Binnelanders (kykNET):  Almal is hartseer en emosioneel oor Wimpie. Quinton se terugkeer as voltydse aanbieder verloop nie volgens plan nie. Jana kry ’n onverwagse besoeker.

19:00 Isidingo (SABC3): Katlego kry ’n bietjie van haar eie medisyne. Sechaba skok Lerato met ’n onverwagse besluit.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC 3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

20:00 Club 808: Make Some Noise: Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.