Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Bernard en Errol is nie baie beïndruk met Nthabi nie. Altus maak weer teenoor Vanessa hart oop.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zieg se skuldeisers wil hom ’n duur les leer, en ’n privaat gesprek word per ongeluk gehoor.  Gustav moet die slegte nuus bekendmaak, en Zieg vra ongemaklike vrae aan Jana. Jenny stel ’n ultimatum aan At.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies, en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunstelingliedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee van al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

20:30 Ring Of Fire 2: Blood & Steel (e.tv): ’n Mens sou dink ontvoerders verkies maklike teikens. Nie dié spul nie – hulle het ’n woedende gevegskunsmeester se meisie ontvoer en dié is nou op die oorlogspad om haar te red.

20:30 Arrow (M-Net): Felicity se ma, Donna, daag in Starling City op. Intussen sukkel Oliver en Thea om hul verskille uit te sorteer.

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word van Kaapstad tot Kosibaai ernstig gebraai en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue gemeenskaplike erfenis: braai.

21:30 The Conjuring (M-Net): Die fliek is op ’n ware gruwelverhaal gegrond oor ’n getroude paartjie wat bonatuurlike sake ondersoek en dan hul vreesaanjaendste taak tot dusvêr kry. Een ding is seker: Dit wat hulle ondersoek, wil hulle albei dood hê!

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipies Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:00 Equilibrium (SABC1): In ’n toekoms waar emosies deur dwelms onderdruk word, ervaar ’n wetstoepasser vir die eerste keer gevoelens. Dit laat hom besef watter verskriklike werklikheid die lewe geword het. Gelukkig beskik hy oor die vaardighede, gevegstegnieke en wapens om die wêreld te verander!