17:00 The Tomorrow People (M-Net): Jedikiah het Stephen omgekrap omdat hy nie sy belofte nagekom het nie. Om Astrid te beskerm moet Stephen ’n ooreenkoms met die Bose aangaan.

17:30 Bring & Braai (KykNET): Die deelnemers moet ’n hoofgereg en ’n nagereg op die kole berei. Die beoordelaars is Sarel van Sabie, Thys die Bosveldklong en BraaiBoy. Die topvier gaan in twee halfeindstryde meeding.

18:00 Mom (M-Net): Christy onthul sy wil haar biologiese pa ontmoet, maar dit lei tot wrywing tussen haar en Bonnie.

18:30 7de Laan (SABC 2): Danelle is ontsteld omdat Bernard iemand anders na ’n werkgeselligheid nooi. Hilda wys Vince sy is iemand wat ook ferm kan optree.

18:30 Binneland (KykNET):  At bedink ’n slinkse plan om Franz se loopbaan finaal te ondermyn. Klein Nina skok haar kinderoppasser, Naomi. Okkie kom iets van Toeks te wete wat hom dwars in die krop steek.

19:30 Arrow (M-Net): Laurel reik uit na Arrow se hulp om Sebastian Blood te ondersoek. Intussen spring Roy net-net die dood vry toe  ’n man beheer verloor oor sy nuwe krag.

20:00 Toks ’n Tjops (KykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeure in rugbyland, van die duikslae tot skeidsregters.

22:00 Kollig (KykNET):  Kollig neem jou na al die beste plekke waar mense gesien wil word, agter die skerms en na die beste partytjies, maar hulle maak dit toeganklik.