Wat is vanaand op die kassie?

18:00 Glam Guru (kykNET): Hannon wys met die regte produkte en tegnieke kan enigiemand die stervoorkoms baasraak. Met die nodige voorkomshupstoot word Magda die advertensie vir haar eie skoonheidsalon. Yolandi kry leiding om met selfvertroue haar eie grimering en haarstilering vir die matriekafskeid te doen.

18:27 7de Laan (SABC2): Herman kry slegte nuus oor sy tenderdokumente, en dit skep ’n probleem tussen hom en Nadia. Marko en Emma se verhouding is dalk iets van die verlede.

19:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Op 24 September is dit Nasionale Braaidag. Die stigter, Jan Braai, moedig almal aan om te braai en doen elke jaar iets buitengewoons om die land te verenig. Vanjaar gaan braai hy op die hoogste piek in Suid-Afrika.

19:30 The Goodwin Games (M-Net): Jimmy wil ’n groter rol in sy dogter se lewe speel. Hy stel Chloe en Henry aan hul broerskind voor.

19:59 Death in Paradise (BBC Entertainment): Camille is in ’n toestand toe haar beste vriendin, Aimee, ’n sangeres op ’n skip, onder vreemde omstandighede sterf.

20:30 Grimm (M-Net Series Showcase): Nick en Hank is op die spoor van ’n spinnekopagtige wese wat ’n string lyke agterlaat.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.