17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno oorweeg dit om boggomsbaai toe te trek en Lynette is baie geskok oor die planne.

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Rossouw sien uit daarna om Zieg uit te sorteer, en Ilse sien ’n ander kant van Jana. Beide huisgaste begin hul ware kleure wys in die woonstel, en Karli se glinsterogies is van korte duur. Rian is bekommerd oor sy onvoorspelbare vrou, en Trienie gee Zadie slapelose nagte.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Mind Games (M-Net): Akteurs Christian Slater en Steve Zahn is twee koddige broers wat ’n probleemoplossingsfirma besit.

21:00 The Sentinel (e.tv): ’n Agent van die Geheime Dienste word aangekla van ’n sluipmoordpoging opdie Amerikaanse president. Nou moet hy bewys dit was nie hy nie.

21:00 Die Silwerskerm Kortflieks (kykNET): ‘Die Laaste Ure’: Op die vooraand van ’n skaamtelose misdadiger se teregstelling word sy laaste ure gedeel met ’n vermeende joernalis wat opsoek is na die oorsprong van sy grusame dade.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.