17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Vandag is die derde dag van die gyselaarsdrama in Oppiekoffie. Die Hillsiders is bang en moedeloos. Herman en Lynette sien ’n geleentheid om te ontsnap. Wat sal Danelle se antwoord op die groot vraag wees?

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Leon praat met Anton oor Anleo, terwyl ‘n onverwagse oproep kan die einde van Cheri-Lee se goeie aand beteken. ‘n Spesiale konsert word opgevoer, en Rian het die antwoord vir At se ongeloof in Jana. Morné-hulle se les word onderbreek deur Ilse en Nagskof blyk ‘n stukkie oase te wees vir Adelyn. Anton praat sy mond verby

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): David Sloan reis na Rio om ’n jong meisie te red en ’n internasionale terroris stop te sit.

20:30 Mind Games (M-Net): Akteurs Christian Slater en Steve Zahn is twee koddige broers wat ’n probleemoplossingsfirma besit.

21:00 Snake in the Eagle's Shadow (e.tv): Jackie Chan is ’n seun wat as ’n opsigter by ’n kung fu-skool aangestel word. Hy word deur die ander kinders geboelie totdat ’n ou man hom die kuns van kung fu leer.

21:00 Die Silwerskerm Kortflieks (kykNET): ‘Neem my saam’: ’n Lewenslustige jong meisie vind liefde op ’n vreemde plek. Sy en die liefde van haar lewe spandeer hulle tyd saam deur stories op te maak. Ongelukkig is hul stories baie anders as die realiteit.

21:30 Jack Taylor: The Magdalen Martyrs (M-Net): ’n Drama wat afspeel in Ierland oor ’n polisieman wat ’n privaatspeurder moorde ondersoek.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:45 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.