Dit is vanaand op die kassie:

  • 17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dit is ’n program propvol pret vir oud en jonk. Dit wys van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors, en selfs ’n vragmotor wat 240km/h kan haal.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Ryno is woedend oor die lesers se negatiewe reaksie op Errol se artikel. Sal Paula se onderhoud met Mariëtta Kruger haar sleutel tot sukses wees?
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Rian se verjaardag breek aan en Pippa wil dit vir hom ’n baie spesiale dag maak. Jana besef At gaan dinge nie vir haar maklik maak nie en Quinton word gepols oor ’n bemarkingsidee.
  • 19:30 Arrow (M-Net): Toe Roy ’n man onder Mirakuru se bevel doodmaak, stem Oliver en Sara nie saam oor hoe om hom te stop nie. Intussen probeer Thea Roy lok sodat hy weer sy gevoelens vir haar kan besef.
  • 20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.
  • 21:30 Game Of Thrones (M-Net): Tydens die koninklike troue kry Tyrion 'n besoek van ’n lojale persoon, maar wonder of iemand in sy familie hom met al sy probleme kan help. Intussen bied Tywin aan om saam met ’n vermeende vyand te werk.