Let asseblief op: M-Net het hul rooster verander. Beauty and the Beast vervang Under the Dome om 17:00.

18:00 Glam Guru (kykNET): Die weeskinders Sarina en Heidi is binnekort klaar met skool en moet dan die grootmenswêreld betree. Hannon skep nommerpas uitrustings vir hulle.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia is geskok toe sy uitvind van Dewald se nuutste plan om geld in die hande te kry.

18:31 Binneland (kykNET): Pippa maak seker Gustav hou sy neus uit haar sake. Yolandi-hulle geniet dit om At om die bos te lei.

19:30 Noot vir Noot (SABC2): Riana Nel is vanaand die gaskunstenaar.

20:30 Rookie Blue (SABC3): Seisoen 2 eindig. Swarek word vermis en Andy probeer hom opspoor.

21:30 Bates Motel (M-Net): Romero reageer op Norma se noodoproep. Die motel kry eindelik ’n gas. Norma vind uit van Norman se verhoudingsprobleme.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.