Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Vir ’n lang tyd het ons geglo bevrore kos is ’n euwel, en al is dit in sommige gevalle die waarheid, is daar nou bewys dat bevrore bestanddele nie altyd smaakloos, kleurloos of sonder voedingswaarde is nie. Nataniël wys ’n paar bestanddele waarsonder geen vrieskas ooit behoort te wees nie. Hy gaan leer ook dat ’n bevrore gereg nie altyd kliphard hoef te wees en tandpyn of hoofpyn te veroorsaak nie.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:00 Raising Hope (M-Net): Virginia se pa, Arnold, keer terug na Natesville en soek hulp vir sy troue.

18:30 7de Laan (SABC2): ’n Tranerige Hilda vertel al haar probleme aan Gita. Intussen neem Irma ’n besluit wat Sonja baie skok.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Frankie draai die hele kliniek om sy pinkie. Pippa se planne dreig om groot probleme vir Quinton te veroorsaak, en die moontlike komplikasies met die pienkvoet word ook duidelik gemaak.

19:30 Jan Braai Vir Erfenis (kykNET): 24 September is Nasionale Braaidag, en ons volg Jan Braai om te sien hoe hy vir hierdie dag van feesviering voorberei.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.