17:00 The Ellen DeGneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko is besorg oor Stasie Ses se reputasie. Bernard besef wat met Lindile aan die gang is. Gita is weer haar ou self en prober Vince se planne omkrap.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Naomi tree heeltemal buite karakter op – en haar woonstelmaats weet nie hoe om haar te help nie. Ten spyte van ’n waarskuwing van Jana doen Margot presies die teenoorgestelde. Jana se ontdekking lei tot goeie toneelspel van At, en Gustav vra Ivanka se hulp met ’n “probleem”. Adelyn is vies vir Frankie oor ’n Kersgeskenk.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies, en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunstelingliedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee van al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

20:30 Bring It On: In It To Win It (SABC3): Dis die Amerikaanse Cheer Camp Nationals. ’n Romanse blom tussen lede van die wedywerende spanne wat al die planne omvêrgooi.

20:30 Arrow (M-Net): As jy ’n aanhanger van The Flash is, sal jy gaande wees oor hierdie episode waarin die biljoenêr Oliver Queen as DC se ikoniese Green Arrow Starling City se grootste bondgenoot raak. Oliver ontmoet Ra’s al Ghul, die leier van die League of Assassins.

20:30 AVP: Alien vs. Predator (e.tv): Kenners verken die ondergrondse grotte onder die ys van Antarktika. Onopsetlik begin hulle weer die oorlog tussen twee rasse van die buiteruim – wat albei mense haat.

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan besoek die grootste buitelewe-ekspo ter wêreld in Keulen, Duitsland. Hier bekyk hy al die nuutste Europese braai-apparaat en braai ’n Duitse gereg in die Suid Afrikaanse styl voor hy vroegoggend op die voorstoep van die stad se katedraal (’n wêrelderfenisgebied) gaan braai.

21:00 Nag van die Negentiende (fliekNET: kanaal 198): Sedert sy op die vooraand van haar troue verkrag is en haar verloofde sy lewe geneem het, stap ’n vrou elke jaar op die nag van die 19de in haar trourok deur die klein vissersgemeenskap.

21: 30 Redemption (M-Net): Jason Stratham bevestig net weer hoekom hy een van die beste aksiehelde is. ’n Voormalige spesialemagtesoldaat soek verlossing in Londen se onderwêreld.

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipies Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:00 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.