17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span  toets Toyota se jongste Prado in Namibië, ontmoet die Suzuki Swift met ’n kattebak en leer ook Audi se magtige RS7 ken.

18:00 Mom (M-Net): Christy en Bonnie help Violet toe sy kraam. Christy vermoed dat Bonnie nog gevoelens vir Alvin het.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman daag Gita uit oor die elektriese bedrading in die Heights.  Nadia begin vermoed dat daar iets erger fout is met Sonja as wat sy sê.

18:30 Binnelanders (kykNET):  Bea is bekommerd oor die spoed waarteen Okkie se verhouding met Ilse beweeg. ’n Prokureur probeer Leenta oortuig om Quinton en Gustav te dagvaar, en Malan se nuwe liefde daag onverwags op.

19:30 Arrow (M-Net):  Arrow se geveg teen Slade veroorsaak dat een van sy vriende in die hospitaal beland. Intussen kom Thea tot ’n breekpunt en dwing Oliver om tussen haar en Slade te kies.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

21:30 Game Of Thrones (M-Net): Tyrion verwelkom ’n nuwe gas en Arya kuier weer saam met ’n ou vriend. Intussen probeer Jaime sy lewe verander ná sy tronkstraf.