Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier Gaan Ons Alweer (kykNET): Petri de Wet en sy span besoek die Zambezirivier vir die eerste keer in die nag. Met geen sig is daar groot konsentrasie onder die hengelaars wat die pret-faktor opstoot.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma verskerp die veiligheidsmaatreëls by haar huis. Almal weet Rick is terug. Hilda gee vir Vince ’n spesiale geskenk.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana kom tot At en Judith se redding. Ilse kry ’n groot verrassing by Ivanka. ’n Irrasionele Pippa word met ’n SMS uit die huis gelok. Rian sit met sy hand in sy hare. Zanel pak haar tasse.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Minute to Win It (SABC3): Deelnemers moet binne ’n minuut ’n reeks eenvoudige speletjies met huishoudelike items voltooi. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap. Apolo Ohno is die aanbieder.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word daar van Kaapstad tot Kosibaai ernstig gebraai en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue gemeenskaplike erfenis – braai.

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.