Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 Pasella (SABC 2): Die span kuier in die Swartland in die Wes-Kaap, en besoek ’n museum oor die koringbedryf en ’n modelmotorversameling. Lynelle gaan kyk na ’n ou kanon en brug, en Kevin Leo en Jakkie Louw sorg vir musiek.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman sien ’n fantastiese besigheidsgeleentheid raak. Anel is in trane oor haar eks. Charmaine maak haar hart teenoor Neville oop.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET & Kie): Vanaand maak Jan 'n draai in Franchhoek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wanneer Ivanka besef wie die man is wat opsoek is na George, lei dit tot ’n grootskaalse kuier by Nagskof. At kom tot ’n besef wat sy lewe drasties kan verander.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Noot vir Noot (SABC2): Dié immergewilde musiek- en speletjiesprogram is terug op die kassie. Weereens met Johan Stemmet aan die stuur van sake.

20:30 The Day After Tomorrow (e.tv): ’n Klimaatkenner haas hom na New York om sy seun te red wanneer ’n dodelike ystydperk op die aarde aanbreek.

20:30 Proof (M-Net): ’n Jong man glo hy’t die spook van sy oorlede vrou gesien, maar wanneer Caroline en haar span ondersoek instel, kry hulle iets baie ontstellends.

21:00 SleepTV (kykNET): Die span kampeer nog by die Willows-oord, en besoek die Addo Nasionale Park. Terug by hul staanplek berei hulle ’n heerlike mosselgereg.

21:30 The Numbers Station (M-Net): ’n Lekker riller. ’n Geheime agent moet ’n kode-operateur by ’n afgeleë CIA-uitsaaistasie gaan beskerm, en hulle werk saam om ’n komplot te ontsyfer wat die wêreld op sy kop sal keer.