• 17:00 The Tomorrow People (M-Net): Stephen is vasbeslote om sy pa te te kry en gebruik die Tomorrow People om hom op te spoor. Cara en Russell kom af op ’n ongewenste besoeker op die moltreinstasie.
  • 18:30 Binneland (kykNET): Daleen word aangespreek oor haar verwagtings. Tertius speel oop kaarte met Rian oor Pippa. Bea maak haar hart oop oor Vivienne. Naomi moet slegte nuus oordra.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Manie se konstante druk dryf Henk tot desperate optrede. Kan Larry Vince help met die stoofprobleem?
  • 19:30 Kuier, Klets en Klits in Namibië (KykNET): Spreetshoogtepas is een van die bergpasse waar die skoonheid van die Namib jou verstom. Hulle doen ook aan by Solitaire, kyk na swerms sandpatryse, reis deur die Kuiseb-spoelvallei en kamp op Homeb.
  • 19:29 Isidingo (SABC 3): Brad se skadebeheer veroorsaak net nog meer skade. Sechaba bied rylesse aan vir Lerato, al het sy nie ’n leerlinglisensie nie.
  • 20:00 Singstories (KykNET): Die klankbaan van Karen Zoid se lewe is luisterryk, en sy deel dit met oorgawe.
  • 21:30 House of Cards: Peter sukkel met ou spoke van sy verlede. Francis neem ’n drastiese besluit wat geen omdraaikans bied nie. Claire herontdek ou kennisse.