17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Nthabi en Dali sukkel om as kollegas saam te werk. Vanaand is Sonja se eerste partytjie in haar nuwe woonstel – selfs Oom Oubaar maak ’n draai! Sal Sonja die onafhanklikheid kan hanteer, of het sy meer afgebyt as wat sy kan kou?

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Nick verstaan duidelik nie vir Zadie nie, terwyl sy haar vrese hardop uiter. Jana het groot planne, maar Herman probeer haar oortuig om slimmer te wees. Daar is ’n groot ete wat aandag trek, terwyl ’n gesteelde bakkie heelwat kommerwekkende vrae laat onstaan. Gustav weier om met die media te praat, terwyl Tertius probeer om die situasie te ontlont. At se telefoongesprek stuur op ’n ramp af.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 The Sum Of All Fears (e.tv): Amerika se Koue Oorlog-vrese vlam weer op wanneer die President van Rusland sterf en opgevolg word deur ’n man met ’n kriptiese verlede.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.