17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240km/h kan haal.

18:00 Dagbreek-bestes (KykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 7de Laan (SABC2):  Emma se verhouding met Thinus gee haar slapelose nagte. Die Meintjies-gesin is in skok en sukkel om die vorige dag se gebeure te verwerk. Sal hul lewe ooit weer dieselfde kan wees?

18:30 Binnelanders (kykNET): Sonja en Jana sit nie om dieselfde vuur nie en die kolwyntjie-krisis lei tot verslapping. Tertius speel sy troefkaart en At se eerste dag by die werk maak almal gespanne, hyself ook.

19:30 Arrow (M-Net): Oliver moet veg om sy belofte na te kom om niemand anders se lewe te neem nadat Slade iemand naby aan hom ontvoer het nie. Intussen vra Thea Roy se hulp en Diggle veg teen ARGUS.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.

21:30 Game Of Thrones (M-Net): Jon begin met ’n nuwe sending. Cersei en Tywin oorweeg die volgende skuif om die kroon te kry en Daenerys maak planne vir die toekoms.