Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda het ’n nuwe sakeplan en vra Errol vir sy insae. Iets het drasties verkeerd geloop met die Times se bankrekening. Wie is daarvoor verantwoordelik?

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Got to Dance (M-Net): Kyk hoe Ashley Banjo, Kimberly Wyatt en Adam Garcia hul soektog voortsit om die VK se talentvolste dansers op te spoor.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Trouring raak weg, en die werklikheid sink in by Naomi oor haar voorgenome toekomsplanne. Die waarheid maak seer, maar ten minste het dit altyd ’n manier om uit te kom – selfs nie herhaaldelike onderbrekings kan dit keer om die lig te sien nie. Zadie maak ’n skok-ontdekking op die vloer van die woonstel, maar is nog meer geskok oor die woorde wat volg . . .

20:00 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies, en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunstelingliedjies vir die gehoor.

20:00 Jou Show (kykNET): Die man met die breë skouers, Joe Niemand, kuier by ons in die ateljee en sing een van sy treffers. Die skreeusnaakse Denver Vraagom gaan speel kegelbal saam met Wicus en kielie ons maagspiere met al sy grappies.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): David Sloan reis na Rio om ’n jong meisie te red en ’n internasionale terroris stop te sit.

20:30 Mind Games (M-Net): Die akteurs Christian Slater en Steve Zahn vertolk die rolle van twee koddige broers wat ’n probleemoplossingsfirma besit. Die span word ingeroep toe ’n tiener betrokke raak by ’n kult.

21:00 Kickboxer 3: The Art of War (e.tv): ’n Man probeer sy eer terugwen deur die broer van die man wat hom verslaan het, uit te daag vir ’n geveg.

21:00 Reis na Gister (kykNET): Vandag reis Jak de Priester saam met akteur Christo Davids na Simonstad waar hy in ’n familie van akteurs grootgeword het.

21:10 Roepman (fliekNET: kanaal 198): ’n Seun van 11 uit ’n arm spoorweggemeenskap is vasgevang in die geweld wat deur die regering en die kerk van die tyd veroorsaak is. Hy raak bevriend met ’n onwaarskynlike held.

21:30 Empire State (M-Net): Liam Hemsworth is ’n onwillige krimineel. Nadat hy en sy vriende by ’n roof betrek is, moet hulle die gevolge van hul dade dra.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipies Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.