17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita is geskok wanneer sy sien wat aangaan by Hillside Travel. Stasie Ses het nuwe vermaak vir die aand en dit mag dalk Bonita se kans wees. Dewald en Nadia sien ’n vreemdeling wat rondloop in Hillside.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daleen en Tertius geniet nie die take op hande nie en Christiaan probeer vir Pippa beheer. Liezl kry ’n slegte tyding en Gustav word afgepers. Rian wil iets doen om ’n nuwe krisis by die hospitaal hok te slaan.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenners, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 The Big Hit (e.tv): Mel, Cisco, Crunch, Vince en Gump is almal professionele sluipmoordenaars. Een aan loop hulle planne skeef en hulle besef hul slagoffer is hul baas se peetkind.

21:30 Jou Show (kykNET): pieter Koen kuier in die ateljee en sing een van sy treffers. Hy en Wicus gaan jaag rond op die renbaan. Alan Committie vermaak ons met sy grappe. Ons leer ken ook die gewilde reeks, Vlug na Egipte, se Kay Smith.

23:00 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.