17:30 Die Nataniël Tafel (KykNET): Die legendariese sjef en koskenner, Topsi Venter, is een van Nataniël se boesemvriendinne en vir 25 jaar sy grootste leermeester. In hierdie program bring hy hulde aan haar ongewone aardse geregte, kennis van kosgeskiedenis en unieke uitkyk op die lewe. Topsi se dogter, Danielle, kom kuier saam en berei sy gunstelinggereg.

18:00 Dagbreek-bestes (KykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:00 Raising Hope (M-Net): Burt en Virginia gaan op ’n romantiese wegbreek, maar dis nie wat hulle verwag het nie. Intussen besluit Jimmy en Sabrina om nog ’n baba te kry.

18:30 7de Laan (SABC 2): Let wel: hierdie episode is PG13. Gaan Pulane uit haar aanvaller se kloue kan ontsnap? Gita raak agterdogtig wanneer sy hoor dat Lerina nie vir Ty wil vertel waaroor haar storie gaan nie.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 Binnelanders (KykNET): ’n Rusie lei tot groot misverstande vir ’n paartjie en ’n raaiselagtige siektetoestand wil nou maar net nie uitgepluis word nie. ’n Verskoning lei tot groter hoop vir meer as een verhouding.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC 3): Suid-Afrikaanse bekendes meeding teen mekaar deur saam met professionele dansers te dans.

20:00 Toks ’n Tjops (KykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland- van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Club 808: Make Some Noise: Kom kyk hoe hulle ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (KykNET): Welkom in die REPUBLIEK VAN ZOID AFRIKA, waar President Karen gesels met haar land se gunsteling denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.