Dit is vanaand op die kassie:

  • 17:30 Bring & Braai (kykNET): Die deelnemers moet ’n hoofgereg en ’n nagereg op die kole maak. Die beoordelaars is Sarel van Sabie, Thys die Bosveldklong en BraaiBoy. Die top-vier sal in twee halfeindrondtes meeding.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs van oor Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookvernuf te toets en te ontwikkel, maar net een kan die MasterChef-titel wen.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Herman en Nadia stry oor Bertus. Gita beplan hoe sy Herman se planne om die rugbyspan te borg in die wiele gaan ry.
  • 18:30 Binnelanders (KykNET): Franz besluit om die naelstring met Binneland en Suid-Afrika finaal te sny, en hy neem ‘n besluit oor sy aandele. Die ongewone alliansie tussen Delia en Adler is gevaarlik vir Binneland se toekoms, en oorwinning proe amper soet vir ‘n individu.
  • 20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.
  • 21:30 Singstories (kykNET): Ronéll Erasmus jubel met musiek. Haar meevoerende lofliedere roer harte en vul die gees van haar aanhangers met ‘n passie vir die Here
  • 21: 30: Love Actually (SABC3): ’n Móét-kyk romantiese komedie met Hugh Grant en Emma Thompson.