17:30 Bring & Braai (KykNET): Die top-24 deelnemers van die eerste drie reekse word uitgedaag om vas te stel wie die meesterbraaier is.

18:30 7de Laan (SABC 2): Felicity maak onverwags ’n afspraak by die boetiek. Matrone verander haar mening oor Koot.

18:30 Binneland (KykNET): Die Glam Guru verras Naomi op haar verjaardag. Joe Vorster se musiek is net die regte medisyne vir Nagskof se Valentynspartytjie.

19:30 Arrow (M-Net): Die nuwe skurk Shrapnel daag op in Starling City en sy volgende teiken is Sebastian Blood. Intussen kom Thea nog te wete oor Roy se nuwe vermoëns. Laurel ondersoek die verband tussen Blood en Cyrus Gold, die man wat haar pa se vriend vermoor het.

20:00 Toks ’n Tjops (KykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland, van die duikslae tot skeidsregters.

20:30 The Tomorrow People (M-Net): Stephen is omgekrap omdat Jedikiah nie sy woord gestand gedoen het nie. Om Astrid te beskerm moet Stephen ’n ooreenkoms maak met die Bose.

22:00 Kollig (KykNET):  Kollig neem jou na al die beste plekke waar ’n mens gedien moet word, agter die skerms en na die beste partytjies, maar maak dit toeganklik.