Wat is vanaand op die kassie?

18:00 Glam Guru (kykNET): ’n Mens word dikwels op jou baadjie getakseer; daarom wys Hannon vir Irene Pohl en Maryna Oberholzer hoe om die meeste uit hul voorkoms te put.

18:27 7de Laan (SABC2): Paula reël ’n moordmakietie om Emma op te beur. Nadia lieg en sê sy is siek, wat haar weer van Herman kan vervreem.

19:00 Parks and Recreation (M-Net Series Showcase): Ann en Chris reël onderskeidelik hul kombuistee en ramparty, maar die ander het ’n rustige aandjie in gedagte.

20:03 Toks ’n Tjops (kykNET): Jan Braai en die sanger Ricus Nel kuier saam met die span. Hulle gesels oor skeidsregters se besluite en die reëls van rugby.

20:30 Vegas (M-Net): Violet dien ’n klag van aanranding teen Dixon in. Savino is geskok toe Lena ’n lyk in een van die Savoy se kamers vind.

21:00 Sleep (kykNET): Die span is op die Badplaas-vakansieoord in Mpumalanga en staan reeds vroeg op om die plek te verken. Hulle geniet ook aktiwiteite soos ’n perderit en drink ’n glasie vonkelwyn op die aangrensende natuurreservaat.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.