17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula en Altus is op die voorblad van die koerant! Sal dit die keerpunt in hul verhouding wees of het Paula dit te ver geneem?

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana het raad vir Susanna wanneer dit kom by hartsake en At. Rossouw se dienste kan ’n probleem laat verdwyn. Ilse weier dat Ronnie se geskenk op die erf staan en Tertius vra Nick uit oor Zadie.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Mind Games (M-Net): Akteurs Christian Slater en Steve Zahn is twee koddige broers wat ’n probleemoplossingsfirma besit.

21:00 District 9 (e.tv): Ruimteweses woon in informele nedersettings net buite Johannesburg. ’n Staatswerknemer word blootgestel aan hul tegnologie en dinge begin skeefloop.

21:00 Die Silwerskerm Kortflieks (kykNET): ‘Juweeldiewe: Die kat-en-muis-drama bring die Swart Kat-skrywer, Gert Basson, se kortverhaal na die silwerskerm as ’n stylvolle neo-noir film. Europa word geteister deur ’n rits juweeldiefstalle.

21:30 Jack Taylor: Shot Down (M-Net): ’n Drama wat afspeel in Ierland oor ’n polisieman wat moorde ondersoek.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.