17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240km/h kan haal.

18:00 Raising Hope (M-Net): Virginia en Burt is bang die vonk in Jimmy en Sabrina se huwelik is aan die verdwyn. Hulle gebruik hul eie huwelikservaring om die twee te help.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 7de Laan (SABC2): Karmen intimideer haar oupa; hy moet haar oppas. Gaan Herman sy planne vir  studentebehuising maar laat vaar?

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Die dief steel Okkie se gemoedsrus. At beraam ’n plan om Daleen te kan help. Leenta word ’n nuwe pos aangebied. Karli se begroting kort ’n inspuiting. Margot probeer Karli moed inpraat, en Gustav word ’n mini-glanspersoonlikheid. At vra Eileen se hulp met die Jonkers.

19:30 Isidingo (SABC3): Ten spyte van Brad se beste pogings het Charlie se geheim in die verkeerde hande geval. Sizwe sit sy klug voort dat hy werk toe gaan. Agnes doen alles in haar vermoë om haar geheim oor die pamflette te hou.

20:00 Noot vir Noot (SABC3): Johan Stemmet toets deelnemers se musiekkennis met speletjies.

20:00 Toks ’n Tjops (KykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek ’n moord en ’n vermiste persoon in ’n wêreld vol robotte.

21:30 Game Of Thrones (M-Net): Jon Snow en die nagwag kom te staan voor die gevaarlikste uitdaging wat hulle al ooit teëgekom het.