17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Hillside Times maak reg vir oorlog. Maak Ty die regte besluite? Die besluit kan sy hele lewe verander. Paula het ’n afspraak met die nuwe hartebreker in Hillside.

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Cheri-Lee maak die lewe bitter moeilik vir Ivanka, en Susanna besef daar is fout met At. Langvingers en George blyk albei weer in die mode te wees, en Okkie kom tot iemand se redding. Zadie se partytjie ruk ‘n bietjie hand uit en Naomi verwag ‘n belangrike oproep. At is beslis nie beindruk met Jana nie – en maak geen geheim daarvan nie.

20:00 Jou Show (kykNET): Dit is die laaste episode in die reeks en Brandon October kom kuier in die ateljee. Crystal-Donna Roberts kom hou haar mooi voor ons kameras. En, as 'n lekker verrassing, kom Wicus en Anne dié keer saam in die ateljee kuier en deel hierdie seisoen se agter-die-skerm stories!

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): David Sloan reis na Rio om ’n jong meisie te red en ’n internasionale terroris stop te sit.

20:30 Mind Games (M-Net): Akteurs Christian Slater en Steve Zahn is twee koddige broers wat ’n probleemoplossingsfirma besit.

21:00 The Accidental Spy (e.tv): ’n Verkoopsman is opsoek na avontuur. Hy verstaan verkeerdelik dat hy die seun van ’n ryk sakeman.

21:00 Die Silwerskerm Kortflieks (kykNET): ‘Totsiens Pa’: Na vier jaar van stilte word vier susters deur die laat stadium van kanker by hulle pa, forseer om mekaar weer te sien. Hulle moet afskeid neem van hom en daar is iets waaroor klaarheid gekry moet word.

21:30 Jack Taylor: The Guards (M-Net): ’n Drama wat afspeel in Ierland oor ’n polisieman wat ’n privaatspeurder word om ’n vermiste tiener te vind.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:45 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.