17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Piekniekgeregte is maklik om te verpak en te vervoer, en is heerlik warm of teen kamertemperatuur. Nataniël wys hoe.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:00 Raising Hope (M-Net): Jimmy en Sabrina kry ’n huishulp. Virginia word bevorder by die werk en Burt kry die vryheid wat hy nooit gedink het hy sou wou hê nie.

18:30 7de Laan (SABC2): ’n Krisis tref Marko en Emma se verhouding. Intussen spat die vonke toe Herman Retief konfronteer.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Quinton se gemoed word baie vinnig bederf toe hy in die bek geruk word, en Pippa wil ’n datum vasstel. Parkering blyk ’n groot probleem te wees, en die strydbyl word begrawe. Adelyn konfronteer Karli oor geld, en Wimpie blyk nie heeltemal homself te wees nie.

19:30 Jan Braai Vir Erfenis (kykNET): Ná jare van steak braai gaan kuier Jan by die grootste bul van die lot, Istan-“Bul”. Hy het een doel voor die oë en dit is om tussen die derduisende stalletjies van die oudste mark ter wêreld ’n braaier en vleis op te spoor, en om in hierdie wêrelderfenisgebied te braai!

Hier is ’n voorskou:

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (KykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.