17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:30 7de Laan (SABC2): Neville is besig om sy geduld met Paula te verloor. Ty en Gita se planne verloop flink. Maar die vraag is: gaan hulle daarmee wegkom?

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Bring en Braai (kykNET & Kie): Ons braai vanaand by die Shelanti Game Ranch in Buffelsfonteinpan.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die dief steel Okkie se gemoedsrus en At beraam ’n plan om vir Daleen te kan help. Leenta word ’n nuwe pos aangebied, en Karli se begroting kort ’n inspuiting.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

21:00 The Following (M-Net Edge): Die grillerreeks gaan oor ’n wreede groep reeksmoordenaars wat vreeslik deur die FBI gejag word. Kevin Bacon vertolk die hoofrol.

21:00 Hellboy (e.tv): ’n Onnatuurlike monster word onverwags ’n held vir talle. Gebasseer op die gelyknamige strokiesprent.

21:30 Jou Show (kykNET): ’n Lekker geselsprogram aangebied deur Emo Adams en Wicus van der Merwe. Jy sal skaterlag vir die mannewales wat dié twee met hul gaste aanvang!

23:30 Dallas (SABC3): Die doen en late van die ryk Ewing-gesin kom in die boeiende reeks onder die loep.