Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Lindile steek iets weg en Aggie is bekommerd. Paula wil hê Altus moet vir sy sondes betaal en Bertus vra Sonja en haar familie verskoning.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): Sit terug vir ’n samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Michelle neem ’n skokkende besluit oor haar gesondheid, terwyl Zieg nie niemand oor die dreigende gevaar kan waarsku nie. Naomi word uitgevang by die diensstasie, en Morné se pleidooie val op dowe ore. At en Jenny besluit om saam te werk, terwyl Jana se nuus nie die gewenste reaksie by At uitlok nie.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musiekkennis met musiekspeletjies, en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunstelingliedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Paul (SABC 3): Twee Britse aanhangers van wetenskapsfiksie ontmoet ’n ruimtewese wat van die Amerikaanse regering vlug. Die tweestuk maak dit dan hul werk om hul nuwe vriend te help.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee van al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

20:30 Arrow (M-Net): Barry gaan saam met Caitlin en Cisco Starling City toe om Lyla te help.

20:30 Terminator: Salvation (e.tv): John Connor se Resistance-vegters is besig om hul oorlog teen die robotte en SkyNET te verloor. Erger nog, hulle ontmoet ’n robot wat dink hy is ’n mens – hy het selfs regte vel!

21:00 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan braai en kuier hierdie week by Suid Afrika se wynmaker van die jaar, Eben Sadie, en vind meer uit oor die wyne van die Swartland. Daarna gaan maak hy ’n draai in die moederstad en wys jou wat jy kan alles kan doen as jy hierdie somer in die Kaap langs die see wil vakansie hou.

21:00 Verraaiers (fliekNET: kanaal 198): Nadat hy van die Engelse se geskroeide-aardebeleid hoor, besluit ’n gerespekteerde Boere-offisier om nie verder te veg nie en liewer sy gesin te gaan beskerm, met vêrreikende gevolge.

21:30 Taken 2 (M-Net): ’n Afgetrede CIA-agent en sy eksvrou word ontvoer deur die pa van een van die mans wat hul dogter in die eerste fliek ontvoer het. Nou moet dié einste dogter hulle red.

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipies Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om jou elke Vrydagaand te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:00 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.