17:30 La’t Wiel (KykNET): Die La’t Wiel-span wys weereens dat dit ’n program is vol pret vir oud en jonk. Van die goedkoopste intreevlakmotors tot die duurste supermotors en selfs ’n vragmotor wat 240 km/h kan haal.

18:00 Raising Hope (M-Net): Virginia bied aan om Sabrina te leer kook, maar toe Jimmy sê sy vrou se kos is die lekkerste kos in die hele wêreld, bring dit Virginia se mededingende sy na vore.

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 7de Laan (SABC2): Kim besef sy het gevoelens vir Diederik en wil meer as vriende wees. Gaan Nadia se oorplanting gekanselleer word?

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Jana begin verwoed reël aan Nina se verjaarsdagpartytjie, maar Quinton vertrou nie haar motiewe nie en praat sy mond verby. Wimpie probeer iemand by Eikehof ’n gat in die kop praat.

20:00 Rof of Spog (SABC3): Paul en Terence toer deur Suid-Afrika om verskillende kosse, kulture en landskappe te ervaar.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 The Steve Harvey Show (e.tv): Steve en Cedric is vasbeslote om die talentkompetisie te wen.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek moorde en vermiste persone in ’n wêreld vol robotte.

21:30 ATKV-Mediaveertjies (kykNET): Die ATKV glo daaraan om uitnemendheid in Afrikaans te bekroon. Een van die gesogste pryse in die Afrikaanse mediabedryf is ’n ATKV-Mediaveertjie.