17:30 La’t Wiel (kykNET): Die La’t Wiel-span  woon ’n radikale motorbekendstelling by, in Gauteng van alle plekke. Hulle vertel ook alles van Volkswagen se mal Golf R en kyk dan wie die vinnigste is: ’n spul ouens met valskerms of Hannes in ’n bakkie.

18:00 Mom (M-Net): Alvin bring meer tyd saam met sy nuwe familie deur, wat moeilikheid tussen hom en Bonnie veroorsaak.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula besef sy is te lui en besluit om iets daaromtrent te doen. Errol maak 'n finale besluit oor sy loopbaan.

18:30 Binnelanders (kykNET):  Okkie spreek Morné aan oor sy ouma en Rian verskaf ’n rede vir die Binneland-kliniek se agteruitgang. Tertius staan sy man teen Daleen en Malan.

19:30 Arrow (M-Net): Oliver probeer sy gesin teen Slade en sy bose plan beskerm, maar een van Oliver se spanlede bevraagteken sy dade. Intussen maak Isabel planne om Queen Consolidated oor te neem.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET):  Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregters.

21:36 Game Of Thrones Special (M-Net): Deel 2: Gaan kyk ’n bietjie wat agter die skerms aangaan by die fantasiereeks Game Of Thrones. Verken die vorige twee seisoene en leer meer oor die karakters wat hierdie reeks suksesvol maak.