Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier Gaan Ons Alweer (kykNET): Petri De Wet en sy span besoek die pragtige land Zambië, waar hulle op die magtige Zambesi-rivier hengel vir reuse kurperspesies, asook trofee-tiervisse.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda leer Pulane hoe om naaldwerk te doen. Intussen kom Emma agter dat iemand haar agtervolg, en Charmaine is geskok oor wat haar Neville vertel.

18:30 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET):  Okkie besef wat Ilse se verwagtings is, en Jana is nie gelukkig met At se optrede nie. Gustav wil antwoorde hê ná ’n gesprek met Bertha, en ’n droom verander in ’n nagmerrie vir meer as een gelukkige paartjie.

19:30 Musiek Roulette (SABC2): Nadine toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies en verskeie Afrikaanse kunstenaars sing hul gunsteling-liedjies vir die gehoor.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:00 Minute To Win It (SABC 3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies – wat hulle binne ’n minuut met huishoudelike moet voltooi. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.

20:00 Club 808: Make Some Noise (e.tv): Kom kyk hoe die aanbieders ’n oorsig gee oor al die nuutste musiek en nuwe kunstenaars.

21:00 Jan Braai Vir Erfenis (kykNET): In die nuwe seisoen word daar van Kaapstad tot Kosibaai ernstig gebraai en is daar min te sien van slaai. Kom toer, lag en leer saam van Suid-Afrika, ons mense en ons eeue oue gemeenskaplike erfenis – braai.

21:30 Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat ’n mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien, en sy wisselende gereelde gaste, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards, se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.