Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:30 7de Laan (SABC2): Die planne vir T&T val mooi in plek. Het Bernard uiteindelik vir Gita op haar plek gesit?

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET & Kie): Vanaand word daar by ’n krokodilplaas buite die Paarl gebraai. Jan maak ook ’n draai in Wellington.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Oproep is die enigste manier om agterdog hok te slaan. ’n Uitnodiging na ’n troue sorg vir groot blydskap, en wanneer ’n kode nie werk nie, bly ’n oorbel in die slag.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Noot vir Noot (SABC2): Dié immergewilde musiek- en speletjiesprogram is terug op die kassie. Weereens met Johan Stemmet aan die stuur van sake.

20:30 Bloodsport (e.tv): ’n Amerikaanse soldaat oefen om ’n onwettige gevegskuns-kompetisie te wen. Met Jean-Claude van Damme.

21:00 SleepTV (kykNET): Vanaand reis ons van die Karoo af see toe en bly in Port Elizabeth oor.

21:30 Reasonable Doubt (M-Net): ’n Distriksprokureur wat by ’n tref-en-trap-ongeluk betrokke is, sien hoe sy lewe uitrafel wanneer iemand anders gearresteer word. Met Dominic Cooper en Samuel L. Jackson.