17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone stories en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia kuier vir Bernard en krap ou wonde oop. Lynette wonder hoe dit met Ryno gaan. Sal sy die verlede kan vergeet of is die enigste uitweg om weg te trek van Hillside af?

18:30 Dagbreek-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Malan Koster kom uiteindelik met groot drome in Pretoria aan. Jana is bekommerd oor Karli en Herman en Zadie en Nick sal baie vinnig hul sake moet uitsorteer. Rian word onkant gevang wanneer iemand oop kaarte speel.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:30 Arrow (M-Net): Die reeks volg die lewe van Oliver Queen wat Starling City se Green Arrow word.

21:00 Clear and Present Danger (e.tv): ’n CIA-agent word by ’n onwettige oorlog ingetrek tussen die VSA se regering en ’n dwelm kartel.

21:30 kykNET Aktueel – Vrydag Nag Laat (kykNET): In ’n tipiese Suid-Afrikaanse week is daar vele nuusgebeure wat mens laat lag. Dit is dan ook Francois Toerien en sy gaste se werk om elke Vrydagaand jou te laat skater oor die vreemdheid van ons land en sy mense.

22:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.