17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Jare lank het Nataniël sonder hierdie heerlike, ongesonde Amerikaanse vreugde probeer leef. Onlangs het hy in Europa gesien hoe iemand met ’n unieke weergawe van hierdie gewilde sonde oor ’n stadsplein loop. Hy het die persoon agtervolg tot hy ’n foto kon neem. In hierdie episode berei hy hierdie kunswerk voor en wys daar is warmbrakke vir alle smake, selfs vir vegetariërs!

18:00 Dagbreek-bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se beste insette op Dagbreek.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas sien moeilikheid kom toe Dolores vir hom en Hilda op ’n staptog deur die Alpe nooi.

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Emil laat almal skrik. Morné het skielik ’n baie moeilike taak wat voorlê. Quinton se ongeluk lei tot nuwe en tergender vrae.

19:30 Noot vir Noot (SABC2): Johan Stemmet toets deelnemers se musikale kennis met musiekspeletjies.

20:00 Strictly Come Dancing (SABC 3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

20:00 Toks ’n Tjops (kykNET): Die kenners Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met die gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot skeidsregters.

20:30 Almost Human (M-Net): Kennex en Dorian ondersoek moorde en vermiste persone in ’n wêreld vol robotte.

21:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.