16:00 Sjef in Charroux (VIA): Marlene en haar span is bedrywig met die maak van haar nuutste kookboek: Geheime van ‘n Franse Kookklas. Ons leer ken die pragtige Allier-streek op die Franse Platteland van nader en die bure kom spog met hul kosmaaktalente — in Franse styl.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Marita Kook Frans (kykNET): Marita van der Vyver is die gasvrou en aanbieder van die reeks waar ons Suid-Afrikaners gaan besoek wat in die suide van Frankryk woon en werk.

17:30 Hartskos (VIA): Elmarie se sielkunde via lewer-en-netvet. ’n Maaltyd kan ’n duisend dinge sê: Ek is jammer, ek mis jou of selfs trou met my. Sielkundige en kok Elmarie Claassens help ’n kombuis-leek om ’n ete vir ’n besonderse geleentheid te maak.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Ian lig Bridgette in oor sy planne vir die Suidooster-sentrum. Tim deel sy gevoelens oor sy ma met Nicci, terwyl Stefan vir Michelle probeer verduidelik hoe hy oor die swangerskap voel en Mymoena en Rhafiek sit weer vas oor AB.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita maak oop teenoor Vince. Felicity en Nandi is ’n wenspan. Hilda sit haar voet neer.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Daar is spanning tussen Fritz en Lida. Cardo toets die waters by Celine oor 'n gevoelige sakie en Eben beland in die sop. Saskia kom sien die Retiefs en laat bars 'n bom wat niemand verwag het nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mikey se navrae laat At en Pippa met hul eie gedagtes. Binneland Stereo probeer agter die kap van die byl kom oor wat met Daleen gebeur het en Karli plaas Herman onder kruisverhoor. Steve vra dat At hom uitkoop.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons ontmoet een van die land se Paralimpiese medalje-gunstelinge: Arnu Fourie. Ons gaan loer in Mariana Esterhuizen se kospotte in Stanford en Derick Muller vertel van sy nuwe kwartaallikse spogjoernaal.

21:00 Sterlopers (kykNET): Jaydee se eerste CD word vrygestel. Lorraine is nie gelukkig met die omslag wat Joe gekies het nie . Alexia vind die musiekblyspel se teks en vra Ben om die produksie te befonds en vir haar 'n rol daarin te gee - hy stem in.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.