Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Die Helderbergwynvallei begin anderkant Somerset-Wes in die Kaap en kronkel al langs die berg, deur so 25 wynplase. Jy sal ook van die oudste wingerde in Suid-Afrika hier kry.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Ou wonde word vir Pulane oopgekrap. Herman sal nie toelaat dat Gita hierdie keer wen nie.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz en Lida is in 'n moeilike posisie en die drie jong manne se vriendskap ry steeds wipplank. Stef en Saskia staan by 'n kruispad en hulle toekoms rus op Stef se volgende groot besluit. Celine het weer sterre in haar oë.

19:30 Clipped (M-Net): In hierdie snaakse komediereeks sien ons die daaglikse doen en late van 'n groep haarkappers en stiliste wat by 'n prettige haarsalon werk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zeldine dreig om die vrede te verwoes, en Sara kry 'n opdrag wat sy moet uitvoer. Meer as een hewige konfrontasie vind in 'n hospitaalgange plaas en Bronwyn besluit om sekere geheime maar geheim te hou.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by die Boet Troskie, hou makietie saam met die dorp van die jaar wenners, Middelburg. Anneli van Rooyen kom vertel ons van haar nuutste album en ons kyk na die eerste Kwêla Funnies en Feite en Geite.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. In vanaand se episode daag 'n ryk vleispaleis uit Texas in die dorp op en Tamara raak smoorverlief op die sjarmante besoeker.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus. In vanaand se episode kom Halloween al nader en Chanel kom met 'n duistere plan vorendag om dit te vier.

20:30 The Good Wife (M-Net): Vanaand is die slotepisode van die sesde seisoen. Die irriterende Charles Lester is terug.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Vanaand begin die tweede seisoen. Noah is gearresteer vir sy betrokkenheid by 'n tref-en-trap ongeluk. Meer inligting oor Scotty se dood word bekend gemaak.

21:00 Arrow (SABC 3): In vanaand se episode beland Walter en Moira se verhouding op die rotse, en Oliver word van moord aangekla.

21:00 Buurtwag (kykNET): Die Besters bak nog in die na-gloed van die groot nuus as realiteit hulle uit die bloute hoog-tackle. Johan sien sy eerste bietjie aksie op buurtwag-patrollie, terwyl Tobie 'n paar spoke uit die verlede raakloop.

21:00 Tyrant (FOX): In vanaand se episode gebruik Barry 'n sandstorm tot sy voordeel.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 Orange is the New Black (M-Net Edge): Vanaand is die slotepisode van die derde seisoen. Ná onverwagse gebeure proe elke inwoner van die tronk vryheid, al is dit net vir 'n oomblik.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.