16:00 Jy Het 'n Wenresep!: Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer: In die Spierkombuis het ons vir Collin wat sy ouma se lamtjoppies maak. Natasha dink haar sjokolade-hawermoutkoekies kan wen en Maryna trek vir die Jan-Ellis-poeding 'n nuwe baadjie aan.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Louis van Niekerk is 'n legende en sy reputasie as goeie kok word weer eens bewys, as hy vir ons van sy gunsteling resepte voorberei.

18:00 Die Kliek (VIA): Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet beïndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Mrs J begin al meer alledaagse dinge vergeet en Bridgette wonder of dit dalk die begin van Alzheimersiekte is. Bianca en Rhafiek sê Mymoena moenie vir AB die waarheid oor haar jeug vertel nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Anna kyk deur Natalie se vriendelikheid. Marco praat sin in Altus se kop in. Willem is op Gita se spoor.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina se byna oordosis roep 'n onaangename herinnering uit Celine se verlede op. 'n Insident noodsaak Saskia om vir Liam se hulp te vra. Gerhard en Kotie trap 'n nuwe stel met mekaar af en Kotie neem 'n skokkende besluit

19:30 The Muppets (M-Net): Die beroemde Muppets is terug in dié donker komedie oor hul persoonlike lewe en filmmateriaal van agter die skerms.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa word onbewustelik op 'n afstand gehou, terwyl Tertius dink hy het nou die ammunisie gekry wat hy nodig het. Herman en Christiaan probeer Jana uit 'n plofbare situasie hou en Breggie verdink Wimpie van vuilspel.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kyk weer na 'n paar van die afgelope jaar se goedvoel-stories. Om net 'n paar te noem: ons sien weer waarmee Joggie Jansen homself besig hou en ons voete jeuk weer met ons bekroonde rieldansers.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

21:00 Arrow (SABC 3): 'n Onbekende man net bekend as The Saviour gaan rond en ontvoer en vermoor mense.

21:00 Sterlopers (kykNET): Jacques en Isabel beraam 'n plan vir hulle toekoms. Swannie besef daar steek dalk meer in Henk en Morrie. Lesley oortuig vir Emma om teen haar beterwete op te tree. Ingrid kry onverwagse nuus en Alexia raadpleeg vir Ben.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.