17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sediment (kykNET): Ons maak 'n draai in die Helderberg wynstreek by die wêreldberoemde gholfspeler Ernie Els se wynplaas. Skakel gerus in om uit te vind wat gholf en wyn alles in gemeen het.

17:30 Hartskos (VIA): Elmarie se sielkunde via lewer-en-netvet. ’n Maaltyd kan ’n duisend dinge sê: Ek is jammer, ek mis jou of selfs trou met my. Sielkundige en kok Elmarie Claassens help ’n kombuis-leek om ’n ete vir ’n besonderse geleentheid te maak.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Carmen ontmoet die Octobers en Ian hou onmiddellik van haar. Stefan is bekommerd oor Michelle. Chris moet kies tussen Rita se gesondheid en Lee-Ann se vriendskap. Mrs J besluit aan wie sy volmag oor haar aandele gaan gee.

18:30 7de Laan (SABC2): Sofiso en Bernard kom nie oor die weg nie. Xander word in 'n hoek gedruk. Is daar dalk liefde vir Marko op die horison?

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Iva maak 'n goeie voorstel ten opsigte van die Stryders, en Fafa kry 'n nare verrassing tuis. Lorette is steeds ontevrede, maar verander voorlopig van plan. Denver se aand word bederf wanneer Jade skokkende nuus met hom deel.

19:30 Binnelanders (kykNET): At se plan met Mthunzi sluit vir Maryke in en Tertius en Okkie keer terug na Pretoria. Tertius neem swaar afskeid van die woonstel en 'n vriendskap verdiep op 'n emosionele vlak. Esther wil die waarheid by Conrad hoor.

20:00 Kwêla (kykNET): Hannes van Wyk en sy span Kwêla elke week 'n hond uit 'n bos met indrukwekkende mense, reis na interessante plekke in Suid-Afrika en deel nuus oor teater, kuns en ander kultuur aangeleenthede.

21:00 Sterlopers (kykNET): Lorraine besluit die beste plan om die Eierdoos omver te werp is om van binne onenigheid te saai. Brad se pogings om Vicky te bederf faal en Emma se blog word op 'n geheimsinnige wyse gekaap.

21:30 Verslag In Gesprek (kykNET): Hoeveel gaan President Jacob Zuma die ANC by die stembus kos? Word die staat teruggekaap deur die Nasionale Tesourie, onder leiding van Pravin Gordhan? En wat kan SA by Brasilië se politieke onrus leer?