Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Ons kuier in Montagu en Ashton naby die Langeberg en op die bekende Route 62 ook bekend as the langste wynroete in die wêreld.

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Felicity haarself kan vergewe ná haar verhouding met Willem? Paula bederf vir Matrone om haar op te beur.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky en Carina is baie bekommerd oor Marius, en Liam stoot hom al nader aan die afgrond. Saskia trap klei wanneer Stef haar oor Vincent se weggaan konfronteer. Beulah besluit om Eben in 'n laventelhaan om te tower.

19:30 Modern Family (M-Net): Phil sien vol optimisme om na sy eendeiers. Claire beplan aan n voorstel aan haar pa en hul kollegas.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daar word gekonkel om iets belangriks van Okkie weg te steek, en 'n ontmoeting maak een man baie opgewonde. Bronwyn rig 'n waarskuwing aan haar dogter, en Ilse moet Naomi uit die verknorsing help.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons Boek van die Maand is Rympies vir Pikkies en Kleuters. Die kunstenaar Barbara Wildenboer wys dat boeke nie noodwendig net vir boeke is nie. Ons beleef 'n buitelugskoolervaring soos min.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Sheldon is hartseer wanneer Leonard uittrek om met sy getroude lewe te begin.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Allison maak toevallig 'n ontdekking oor Noah.

21:00 Arrow (SABC 3): n Geheimsinnige boodskutter maak Oliver se lewe moeilik, en Tommy neem Laurel na Oliver se groot Kerspartytjie.

21:00 Buurtwag (kykNET): Yolandie en Frandi besluit om iets te doen oor die grafitti in die buurt. Don kies 'n baie ongeleë tyd om vir 'n slag op patrollie te gaan, terwyl Tobie en die laaities se kuiertjie in die parkie 'n kettingreaksie ontketen.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 CSI: Cyber (M-Net): 'n Polisieman se kamera word deur kuberkrakers aangeval en die videomateriaal versprei soos 'n veldbrand aanlyn.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 The Secret Circle (SABC2): Ná sy na 'n klein dorpie trek ontdek Cassie Black sy is eintlik 'n heks.